Die laat-19de eeu en die
twintigste eeu sien ‘n wegbreek van die naturalisme van die vorige eeue, en die
ontstaan van sterk nuwe tradisies. Een van die sterkste rigtings wat die
twintigste eeuse kuns inneem is diè van ekspressionisme. Lyn- en vormdistorsie
en arbitrêre kleurgebruik word belangrike stylmiddele waarmee die beeld met
evokatiewe krag gelaai word. Omdat die saga van menswees bò die formele
oorwegings ( van byvoorbeeld die formalistiese tradisie) gestel word,
ontvang die toeskouer ‘n emosionele boodskap.
Die grootste direkte invloed op twintigste eeuse ekspressionime lê egter
by post-impressionisme, d.w.s die werk van Van Gogh en Gauguin en Derain en die
Nabi's. Hulle vlakke, kleure en komposisies maak groot opslae en lei tot
nuwe tipes van ekspressie.
Stap met my deur die volgende skilderye en kyk na die vernuwinge wat
mens te wagte kan wees.
Pollock Full Fathom Five - Number 8 (detail) 1949. oil , enamel and aluminium verf op doek Neuberger Museum, State University of New York |
2 Die maak van kuns is dikwels die tema, of ‘n sub-tema van die werk.
Die genot wat die kunstenaar in die skilderproses vind kan selfs die enigste
doel wees. Kyk na Pollock (hierbo) en 'n latere Monet werk (hieronder). Monet, wat in sy Impressionistiese jare eers
atmosferiese diepte in die waterlelie-damme gewys het, gee aan ons in sy latere
jare ‘n vlak met getekstureerde verf, sonder ‘n gevoel van wat bo en onder is. Dieselfde beskrywing kan vir die Pollock geld en baie belangrik: die genot van die skilder in die skilderdaad spreek daaruit.
3 Verf alleen is nie meer die
voorvereiste vir skilderye nie. Collage-elemente en ander vlyte word met
skilderwerk gemeng. In die onderstaande voorbeeld lees ons baie in Picasso se collage. Die letterwerk, die nagemaakte rottang (dis oliekleed met rottang-patroon) en die omranding van tou wat dit laat lyk of die skepping op ‘n skinkbord aangebied word dra alles by om te bevestig dat die werk geen diepte besit nie. So word die toneel verplat en perspektief verban. Die herbevestiging van die twee-dimensionele vlak verklaar aan die
toeskouer dat diepte “vals” is. Jy kyk na ‘n plat vlak wat nie iets anders probeer
wees nie.
Picasso - Still Life with Chair Caning 1911-12 |
4 Kleur verkry nuwe funksies in modernistiese
kuns. Kleure kan toetredend wees soos in "Die Groen Streep" van Matisse, waar
die drie vlakke van groen, pers en oranje die kop vorentoe druk. Deurdat die
gesig so te se voor die toeskouer se oe sweef, word perspektief verder
uitgesluit.
5 Onnatuurlike kleure roep ook
emosie op. Distorsie van kleur, bv lemmetjiegroen op die gesig hierbo en ander
sterk kleure sterk kleure in "Die Groen Streep" dui op sterk innerlike
karakter. Vergelyk dit ook met Rouault se "Die Ou Koning" waar sterk lyn en kleur op karakter dui. In teenstelling daarmee is die blou kleure van Picasso se “Man en
Vrou in ‘n Kafee” self-verduidelikend. Dink ook aan die vleeskleure in Rouault se "Voor die Spieel" uit die vorige stuk.
6 Laastens kom ons by lyn as belangrike kunselement in die modernistiese kuns. Ons gaan lyne leer lees: sagte vloeiende lyne vir vroulikheid en rustigheid, en skerp gepunte onrustige lyne vir gevaar. Vir die volgende hoofstuk gaan twee belangrike werke van die vroeg-twintigste eeu vergelyk word na aanleiding van hulle ekspressie.
ahhh, love dit - dankie. baie interessant.
ReplyDeleteBaie dankie!
Delete