Ek "wiki" nie en die notas is my eie en uit my kop na baie jare se ondervinding en observasie. Raadpleeg gerus Wikipedia vir aanvulling en ook vir agtergrond oor die kunstenaars. Ek raak net aan hulle lewens as dit definitief relevant is vir die werke.
Die notas word sonder professionele taalversorging aangebied. Help my gerus reg as die taal verkeerd klink en ek sal dit regmaak as daar 'n skreiende fout is.
ROUAULT
Dit word algemeen aanvaar
dat Die Brücke, Kokoscka en ander Noord-Europeërs die essensie van die
ekspressionisme baie goed vertolk het.
Frankryk het egter ook ‘n bydrae gelewer. Die uitstekende onderrig van
Moreau, wat sy studente aan Simbolisme bekend gestel het, was die katalis vir
die style van Rouault en Matisse.
Rouault is die minste
“tipies” van die Fauves (die eerste groot beweging van die 20ste eeu) en vertolk alreeds in sy werk die meer gefolterde vorms
van ekspressionisme. Sy werk staan in die oorgang van simbolisme na ekspressionisme
en het selfs iets in gemeen met Munch en Ensor. In die meeste van Rouault se werke vind ons die menslike vorm, wat in sigself baie ekspressionisties is, en kommentaar op die menslike lewens.
In VOOR ‘n SPIEËL 1906 en ODELISQUE
1907 lewer die diep-godsdienstige Rouault bytende kommentaar op die euwels
van die gemeenskap. Die toeskouer staan in ‘n direkte ontmoeting met die
prostituut, want sy vul die formaat en word vorentoe gedruk tot teenaan die
prentvlak. Hier is geen klassieke idealisering van die vrou nie. Die
romantisering van die vrou soos by Gauguin ontbreek totaal, so ook die
simpatieke siening van Lautrec. In albei hierdie werke spreek die aggressie van
‘n roofdier uit die meisies se houding en gevoellose maskeragtige gesigte.
Die blou kleur oorheers
in albei werke, en die geelbleek liggame, met blou geskakeer lewer kommentaar op die ongesonde nagtelike lewe van die meisies. Die buitelyne is
oor en oor gekorrigeer, soos ‘n kind wat soek na vorm. Hierdie oorwerkte
buitelyne vorm die unieke basis van Rouault se styl. Soos by Van Gogh se
kaphale, leef Rouault sy persoonlike gevoel teenoor die onderwerp uit.
KOP
VAN ‘n TRAGIESE HANSWORS toon weereens die menslike konflik: simbole wat vir plesier staan, is in
werklikheid tragies.. Die
glasvenstertegniek wat deur dik swart lyne verkry word, is evokatief van
katedrale en verteenwoordig ook so Rouault se godsdienssin. Terselfdertyd verwys dit na Rouault se vakmansskap in glasskilderwerk op 14-jarige ouderdom.
Die olieverf skildery DIE OU KONING, 'n laat werk van 1937 is sekerlik baie van julle se gunsteling Rouault. Hier het hy sy volwasse styl bereik. Die werk het ‘n hewige tekstuur
wat ‘n metafoor is vir die koning se swaarmoedigheid. Die beweginglose hand
word met diè tegniek beklemtoon. Net soos by die waterverfskilderye (VOOR
‘n SPIEËL en ODELISQUE ) waar
Rouault sy lyne oorwerk het ter wille
van ekspressie, is die buitelyne hier ook nie solied nie maar is baie lyne
oormekaar aangebring soos wat die kunstenaar die absolute essensiële vorm soek.
Laag op laag kleur word neergelê en
verryk met steeds dikker wordende
impasto. Die gloed wat agter die kleur le, wys weereens op die glasvester tegniek.
Die Suid-Afrikaanse kunstenaar, Cecil Higgs, het tydens haar verblyf in Europa
die volgende van Rouault gesê:
“With the rough, furious
simplicity of his technique, the subtlety is remarkable, the sensitiveness of a
movement to express a mouth, to give meaning to a face: form expressing
feeling with the utmost boldness & the greatest delicacy & spareness.”*
( Dieter Bertram: CECIL HIGGS Close Up, William Waterman
Publications, p 34.)
Marie, thank you so much for sharing this with us. I've enjoyed every word and painting. Looking forward to your next post!
ReplyDeleteAfrikaans in Auz! Ek is baie gelukkig daaroor, en welkom hier, Raaitjie!
Deleteek is nie bekend met sy werk nie, so dit was nou baie interessant - dankie marie.
ReplyDeleteDan is ek baie bly, want sy werke, veral die lateres was baie treffend!
Delete