Friday, November 7, 2014

Die Fauves, die Eerste Ekspressionistiese Groep van die 20ste Eeu

Dufy: Saint-Pierre de Montmartre et le Sacre-Coeur
PARYS
Oil on Canvas 47cm x 5.2cm

Aan die begin van die eeu was Parys die onteenseglike wêreldhoofstad van die skilder- en beeldhoukuns. Hier het Fauvisme ontstaan as die eerste belangrike nuwe beweging van die twintigste eeu en ook die heel eerste uitsluitlik ekspressionistiese beweging. Die groep het bestaan uit ‘n losgegroepeerde aantal kunstenaars wat dieselfde kreatiewe belangstellings gedeel het.  Die leidende figuur was Matisse en die ander Fauves was Braque,  Derain, Dufy, Vlaminck, Marquet, Rouault, Puy, Friesz en Van Dongen. Fauvisme was egter geen “skool” nie en het geen gesamentlike manifes uitgegee nie.

Die geleentheid waarop Fauvisme aan die publiek voorgestel was, was die Derde Herfssalon (Salon d’Automne) van 1905. Tydens die uitstalling het die kritikus Vauxcelles verbaas na ‘n klassiek-geinspireerde beelhouwerk van Marquet gekyk wat ter wille van kontras tussen die uitbundig gekleurde skilderye geplaas is . Sy opmerking: Donatello tussen die wilde diere! (Donatello au milieu des fauves) het aan die groep die etiket van Fauves besorg. Die Fauves is oor die algemeen koel ontvang en die uitstalling is deur die meeste kritici as 'n ernstige verlies aan prestige vir die Salon beskou. Vauxcelles het darem ten spyte van sy bekende opmerking, die Fauves verstaan. Ander positiewe kritici was Gide, Geffroy, Denis en Leo en Gertrude Stein. Die Steins koop Matisse se "Vrou met 'n Hoed" (hieronder) en sou getroue ondersteuners bly.


Matisse: "Vrou met 'n Hoed" 1905
Olie op Doek
79.4cm x 59.7cm
San Francisco Museum vir Moderne Kuns


Vol vertroue in hulle werk het die Fauves in 1906 'n verdere uitstalling by die Salon van Onafhanklikes gehou. Kom ons kyk na die vreugdevolle ekspressionistiese kleur in nog 'n paar voorbeelde.
De Vlaminck
Die Koringland 1906
25.5cm x 33cm

Derain: Charing Cross Bridge 1906 Oil on canvas. 31 5/8 x 39 1/2 inJohn Hay Whitney Collection. 1982.76.3.
 National Gallery of Art, Washington, D.C




Derian: London Bridge , London, Winter 1906
Olie op Doek
66cm x 99.1cm
M.O.M.A

Dufy: Regatta by Cowes 1934
Washington DC National Gallery of Art


'n Fees van Ekspressionistiese kleur! Volgende keer gaan ons binne-in die denk-wereld van Matisse!

2 comments:

  1. baie interessant - het nie dit geweet nie. ek is natuurlik mal oor al die kleure !!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Die uitvinding van buisverf het die lewe vir hulle makliker gemaak!

      Delete