Kom ons verlustig ons vereers in die kleurvolle uitbeeldings van vroue deur Matisse. Hier is 'n kunstenaar wat hou van vereenvoudiging, maar terselfdertyd versot is op patrone veral die wat in tekstiele, binneversiering en klere gesien word.
![]() |
Henri Matisse. The
Algerian Woman. 1909. Oil on canvas.
Musee National d'Art Moderne, Centre
Georges Pompidou, Paris, ...
|
![]() |
Matisse, Odalisque in Yellow Robe - 1937 |
Kom ons bespreek vir oulaas een van hierdie werke van die 1920's, uit die tyd voordat Matisse tot sy groot vereenvoudiging oorgegaan het. DIE
MOORSE SKERM 1921
is weereens ‘n groot werk en som Matisse se belangstelling in die twintigerjare
op. Die prentvlak is vervlak sodat alles na vore tilt. Die meisies is egter
volumetries uitgebeeld en ons word weereens bewus van raaisel en paradoks in
die werk. Daar is baie teksture en dit bevredig Matisse periodieke
onversadigbare liefde vir ingewikkelde oosterse ontwerpe. Die patone van die
oosterse matte, die moorse skerm en die muurpapier kry verdere kompetisie van
die blomme en die traliewerk in die kamer. Mens mag dalk veronderstel dat Matise wat dikwels Marocco besoek het, van hierdie matte en tekstiele na Nice geneem het.
![]() |
Matisse 1921. Die Moorse Skerm Olie op Doek. Philidelphia Kunsmuseum |
Die veelvuldige ontwerpe
vorm ‘n kontras met die meisies wat vars in spierwit rokke, kouse en skoene
vertoon . Hiermee lê Matisse ook vir ons die lewenslustige gees van die
twintigerjare vas. Die kortgeknipte haarstyle , lang krale, korter rokke en
hoëhakskoene dokumenteer verder die era waarin die werk geskilder is. In 'n volgende hoofstuk kan ons kyk na die verandering in Matisse se werk na 1932, wanneer hy ons gaan boei met van die mooiste vereenvoudigings in kuns, en prente met universele bekoring.
This comment has been removed by a blog administrator.
ReplyDeleteDankie, Julia! Ek stem met jou saam, vir Matisse vroutjies word mens nooit moeg nie!
DeleteDankie, Julia! Ek stem met jou saam, vir Matisse vroutjies word mens nooit moeg nie!
Deletedankie vir hierdie. ja - ek hou baie van hierdie spesifieke werke - en oe, die kleure.
ReplyDelete