Dufy: Saint-Pierre de Montmartre et le Sacre-Coeur PARYS Oil on Canvas 47cm x 5.2cm |
Aan die begin van die eeu was Parys
die onteenseglike wêreldhoofstad van die skilder- en beeldhoukuns. Hier het
Fauvisme ontstaan as die eerste belangrike nuwe beweging van die twintigste eeu
en ook die heel eerste uitsluitlik ekspressionistiese beweging. Die groep het
bestaan uit ‘n losgegroepeerde aantal kunstenaars wat dieselfde kreatiewe
belangstellings gedeel het. Die leidende
figuur was Matisse en die ander Fauves was Braque, Derain, Dufy, Vlaminck, Marquet, Rouault,
Puy, Friesz en Van Dongen. Fauvisme was egter geen “skool” nie en het geen
gesamentlike manifes uitgegee nie.
Die geleentheid waarop Fauvisme aan
die publiek voorgestel was, was die Derde Herfssalon (Salon d’Automne) van
1905. Tydens die uitstalling het die kritikus Vauxcelles verbaas na ‘n
klassiek-geinspireerde beelhouwerk van Marquet gekyk wat ter wille van kontras
tussen die uitbundig gekleurde skilderye geplaas is . Sy opmerking: Donatello
tussen die wilde diere! (Donatello au milieu des fauves) het aan die groep die
etiket van Fauves besorg. Die Fauves is oor die algemeen koel ontvang en die uitstalling is deur die meeste kritici as 'n ernstige verlies aan prestige vir die Salon beskou. Vauxcelles het darem ten spyte van sy bekende opmerking, die Fauves verstaan. Ander positiewe kritici was Gide, Geffroy, Denis en Leo en Gertrude Stein. Die Steins koop Matisse se "Vrou met 'n Hoed" (hieronder) en sou getroue ondersteuners bly.
Matisse: "Vrou met 'n Hoed" 1905 Olie op Doek 79.4cm x 59.7cm San Francisco Museum vir Moderne Kuns |
De Vlaminck Die Koringland 1906 25.5cm x 33cm |
Derain: Charing Cross Bridge 1906 Oil on canvas. 31 5/8 x 39 1/2 inJohn Hay Whitney Collection. 1982.76.3. National Gallery of Art, Washington, D.C |
Derian: London Bridge , London, Winter 1906 Olie op Doek 66cm x 99.1cm M.O.M.A |
Dufy: Regatta by Cowes 1934 Washington DC National Gallery of Art |
'n Fees van Ekspressionistiese kleur! Volgende keer gaan ons binne-in die denk-wereld van Matisse!